Net n Dag
  
 

laatmiddag het die son se stertvere geknip
die maan strompel
lui-lui gaperig nader
haar woorde van silwer en goud
los stout gedagtes
van wonder….
wat maak die mensdom vanaand
kyk TV
lees n boek
maak kos
kry klere reg

want
maandag blaas in ons nek

© Dirk Kruger

  
  
 Ek Nooi Jou Uit Om Aan Te Sluit By My Blad As Jy Van Gedigte Hou.
  
 Plek Waar Die Son Vir Die Maan n Liedjie Sing