Net Twee Mense
  
 

sy het hom n rooi roos gegee
hy het gevra
het jy gesien die maan het jou traan geween

sy se nee

maar het jy gesien

n ster het sy koue as
om my voete gestrooi

hy se nee

…en die son
het in die holte van hul voetspoor
geloop

© Dirk Kruger

  
  
 Ek Nooi Jou Uit Om Aan Te Sluit By My Blad As Jy Van Gedigte Hou.
  
 Plek Waar Die Son Vir Die Maan n Liedjie Sing