Oos Randse Winter
  
 

geboue staan in kleur van vaal en grou
gebreekte vensters wys hul armmoede nou

brousels ruik n mens elke uur
wekkers gaan af soos n oorlogs vuur

arm skoolkinders met stukkies klere aan
hardloop oor die ys, dis hul enigste baan
skooltoe moet hulle gaan

n boemelaar op die straat hoek vryf sy baard
onder sy arm n boek, way hy aan vasklou met alle geweld
hy se mnr ken jy die lig
as jy die lig ken , moet jy vir ander vertel
want dis jou plig

ek loop verby antwoord hom nie
dis die lig wat ek in sy oe sien
wat ek vermy

op die straat hoek n prostituut wat wag
naby haar staan n man in n Bmw
waarvoor sy lag

n blom kom orent met alle krag
maar word vergas
deur motors wat jaag in die nag

3 miljoen mense se drome
word gebere binne n kas

koerant verkopers skreeuend
teen die snerpende kou
rooi motors op swart bande
jag vooruit ry oor kante
brue gaan hul verby
net om te sien hoe mense ly

dis winter

  
  
 Ek Nooi Jou Uit Om Aan Te Sluit By My Blad As Jy Van Gedigte Hou.
  
 Plek Waar Die Son Vir Die Maan n Liedjie Sing