Oppad Huistoe
  
 

ek sit by n verkeerslig rooi
my gedagtes probeer n gedig skryf
voor my n see van kleur
hul gesigte sien dan niks

die verkeerslig verander na groen
die lug om my
in n simfonie van petrol en rook
almal oppad na hul gate
ek dink hulle noem dit n huis
sal vanaand weer doelloos deur n TV blaai
of miskien n drankie skink

in Oak straat maak n klein seuntjie
die hek vir sy Ma oop
haar 4x4 ry statig vorentoe
maar sy gesig strak
sy drome le nog warm
en slaap…in sy agtersak
as dit ontkiem wat sal hy word

MISKIEN is hy eendag n reeksmoordenaar
wie weet? wie sal ooit weet?
of miskien n kunstenaar in n droom

by die volgende verkeerslig
probeer n boemelaar sy eie grappe verkoop
netjies gedruk op n stukkie wit papier
the joke is on me
lees sy plakaat
en hy lag deur sy grys gesig

dan sien ek die bloue lug
die son wat vir my wink
n kraai vlieg voor my kar verby
en maak n moerse lawaai

en ek weet Suburban Blues
is die naam van my volgende gedig

kom ek speel vir jou n liedjie
van grys en blou

© Dirk Kruger

  
  
 Ek Nooi Jou Uit Om Aan Te Sluit By My Blad As Jy Van Gedigte Hou.
  
 Plek Waar Die Son Vir Die Maan n Liedjie Sing