Paartie Van Die Jaar
  
 

ontmoet ek toe die mannetjie in die straat
vuil gesiggie en vuil baard
gee my n vuil stukkie papier
mnr ek nooi jou uit na die paartie van die jaar

stop ek voor hierdie huis
vuil ou tuin hekkie
met n leeubekkie wat vir my gaap

vier karakters sit op die stoep
een gee n poep
die ander gee my n onsigbare dop
en al wat ek sien is die leemte in sy kop

is jy mal vra ek
soos n haas antwoord almal gelyk

ek voel lus om te loop
voor jy loop
se vuil gesiggie met sy vuil baard
eet eers hierdie lekker suur wurm

ek speel maar saam
en trek my gesig op n hoop

ha ha se vuil gesiggie met sy vuil baard
jy is ook so mal soos n haas
wat ek vir jou gegee het
was nie n suur wurm
maar wel n jelly tott

en ek wonder partykeer
oor die mal en die haas
wie is nou eintlik baas

julle weet mos die mal of die haas

© Dirk Kruger

  
  
 Ek Nooi Jou Uit Om Aan Te Sluit By My Blad As Jy Van Gedigte Hou.
  
 Plek Waar Die Son Vir Die Maan n Liedjie Sing