Plakboek
  
 

ek sien jou vingerpunte
wil jou net vra
hoekom is die maan
vandag….net n silwerbal

jou oe antwoord my vraag
gister…gister
le tussen spore
en windverwaaide
romantiese liedjies

die wilger verf n gesig
diep spore….oor die maan
het ons met crayons getrek

maar gister
is net n
plakboek
van…die maan

gister is net gom…op papier

© Dirk Kruger

  
  
 Ek Nooi Jou Uit Om Aan Te Sluit By My Blad As Jy Van Gedigte Hou.
  
 Plek Waar Die Son Vir Die Maan n Liedjie Sing