Ryk
  
 

in die somer is ek vrek warm
in die winter vrek koud
in herfs sit ek tussen
die boom en die bas
maar in die lente
is ek vrek ryk
dan pluk ek vir jou n blommetjie
van my gunsteling tuin

© Dirk Kruger

  
  
 Ek Nooi Jou Uit Om Aan Te Sluit By My Blad As Jy Van Gedigte Hou.
  
 Plek Waar Die Son Vir Die Maan n Liedjie Sing