Seeman
  
 

sy skaduwee maak hom bang
sy drome , toegevou
in stukkies sterre
le op die bank

sy trane kristal helder
soek hy hulp
by n meisie
wat bly
in die Port Of Amsterdam

haar huisie vol helder kleure
met n boodskap van hoop
teen al haar deure
kry hy n reuk van vreemde geure
van ekstase , miskien moet hy hier loop

haar hare vaal en grys
met n kopdoek toegemaak
sy ken al sy geheime
maar haar hart bly hy soek

haar beeld verskyn orals waar sy oe rus
die geur van vroeg oggend rose
laat hom aan haar dink, maak hom lus

in boeke wat op haar tafel le
probeer hy haar drome ontrafel
maar al wat hy kry
is haar gees wat trane los
wat so kosbaar is
maar kan hy dit bekostig
die vraag wat by hom rus

sy dink aan n seeman
op n booitjie
ver onder die oseaan
hy dink aan n liedjie
wat haar sal wegvoer
na n vreemde land
met n vreemde maan

as hy kan
maar dit sal nooit wees

wie weet, miskien wou hy ook n seeman wees

© Dirk Kruger

  
  
 Ek Nooi Jou Uit Om Aan Te Sluit By My Blad As Jy Van Gedigte Hou.
  
 Plek Waar Die Son Vir Die Maan n Liedjie Sing