Seisoene In Jou Lag
  
 

somer gloei geel
sit vonkel in jou diepste blou

oe

wat ronddartel
in n bruin herfs
wat wankel sonder jou

en swart winter se oorlogs liedjie
verander in simfonie van helder kleure
wat ek optel in jou lag
die lawwe kant van jou hart
wil ek my tafel mee dek

jou siel
vergeet die pyn van gister

as n lente bloeisel
saggies kreun in jou hand

jy is die een
ek wil jou naam skryf in die sand

© Dirk Kruger

  
  
 Ek Nooi Jou Uit Om Aan Te Sluit By My Blad As Jy Van Gedigte Hou.
  
 Plek Waar Die Son Vir Die Maan n Liedjie Sing