Sewe Dae
  
 

as die wind n stil storm breek
en Maandag lag vir my in sy mou
gryp ek Dinsdag aan die strot
en dwing Woensdag om die week te herbou
Donderdag kielie n vrolikheid my voete
Vrydag eet ons Eskimo pies op die stoep
Saterdag se emosie bly aan my klou

maar….
maar……..Sondag hou ek oop
net vir jou

© Dirk Kruger

  
  
 Ek Nooi Jou Uit Om Aan Te Sluit By My Blad As Jy Van Gedigte Hou.
  
 Plek Waar Die Son Vir Die Maan n Liedjie Sing