Sewe Kersies Op n Koek
  
 

Met die aandster sy strikdas
en n halwe maan wat die stof
uit sy klere was
stap hy om die hoek
na die rooidak huis
met die silwer hek

hy staar na die venster
haar oe wat hom soek
terwyl sy haar sewe kersies doodblaas
op haar verjaarsdag koek

sy harde hart wat sproeitjies ween
haar lang vlegsel hang op haar been
ligte flikker in die warm huis
hy weet…hier is hy nie tuis

sy storm uit die huis
miskien kan hy vir haar
n spikkel van n ster wys
maar…al wat sy sien
is nag en straatlig
wat saggies huil

…..n rooi roos
le erens teen n draad
n rooi roos wat langs haar bed gaan slaap

nag pappa se sy sag

die maan sal vanaand oor haar trane waak
totdat die son soos n vriendelike dassie
weer in die oggend haar oe oopmaak

met haar verlange wat haar drein
onthou sy…… hy het haar genoem
my pikkewyn

© Dirk Kruger

  
  
 Ek Nooi Jou Uit Om Aan Te Sluit By My Blad As Jy Van Gedigte Hou.
  
 Plek Waar Die Son Vir Die Maan n Liedjie Sing