Skemersaand
  
 

ek dink vanaand
hier op hierdie skemersaand
aan n reenboog se punt
aan kinders van die wind
…….en skielik is ek vry
want ek weet
ek is n stadskind en my sprokie
wag vir my
ek dink as almal wat ver is
se spore op die maan sit
is ons almal weer saam
op hierdie skemersaand

my moreliedjie
verander in skimme
en gooi n skadu
teen die muur

maar as jy my kon volg
sal jy my in Pretoria vind
behalwe….as jou naam Jantjie is
sal jy in die berg wil bly

ek dink vanaand
hier op hierdie skemersaand
wil ek my verbeelding
met jou woorde bederf
totdat die koue -vuur
in die naglug bly
en die swerwer in my
vir eens bevry

© Dirk Kruger

  
  
 Ek Nooi Jou Uit Om Aan Te Sluit By My Blad As Jy Van Gedigte Hou.
  
 Plek Waar Die Son Vir Die Maan n Liedjie Sing