Sonneblom Kind
  
 

Hallo my naam is sonneblom kind
se sy vir die ou vrou oorkant die pad
wil jy weet hoekom my Ma my dit noem
…..daar is n lag in haar stem
wat die stad bang maak

die ou vrou kyk haar vertraag aan
wat de donner gee ek om
my ma het my 20 jaar laas gesoen
hoekom sal ek belangstel in jou lewe
en dinge wat jy doen

n traan val oor haar wang
as die hooters van die lorries en taxis
haar onkant vang
…..en sy verlang na haar tuintjie
in haar stil straat
waar die druiwe prieel met haar praat
en die duiwe koer in die straat

my Ma noem my Sonneblom kind
want die son….se sy…. skyn altyd uit my hart
.........sy sit op die sypaaidjie
en eet gister se ou stukkie brood

my naam is Sonneblom kind, prewel sy
terwyl n mossie naby haar sit
sy koppie skeef hou en wag vir die korsie
van haar stukkie brood

© Dirk Kruger

  
  
 Ek Nooi Jou Uit Om Aan Te Sluit By My Blad As Jy Van Gedigte Hou.
  
 Plek Waar Die Son Vir Die Maan n Liedjie Sing