Swaeltjies
  
 

ek sien jou
in drome
jou beeld…..n godin
jou liggaam
kaal….gemaak van goud
terwyl silwer sweetdruppels
stadig afbeweeg na jou lies
jou kuit

maar toe besef ek
al wat ek wil he
is jou hare vroegoggend op my gesig
….terwyl die swaeltjies hul stories fluit
voor ontbyt

© Dirk Kruger

  
  
 Ek Nooi Jou Uit Om Aan Te Sluit By My Blad As Jy Van Gedigte Hou.
  
 Plek Waar Die Son Vir Die Maan n Liedjie Sing