Ver, Verre Ooste
  
 

ek onthou nog
my driewiel spoor
waar mense nog koos doep
se woorde hoor

op n stukkie grond
in die ver , verre ooste

ek onthou
hoe reen die strate was
en wit wolke
netjies in mekaar pas

op n droe stukkie grond
in die ver, verre ooste

ek onthou alles
behalwe die dinge
wat die reen
nie skoon kon was

in n dorpie
daar in die ver, verre ooste
Springs

sal my eerste woorde altyd staan
sal koos doep se hart
altyd teen my muur hang

dis tyd dat ons die
die skadu vervang

hoe kan ons
dit het reeds gebeur
in die, ver, verre ooste

© Dirk Kruger

  
  
 Ek Nooi Jou Uit Om Aan Te Sluit By My Blad As Jy Van Gedigte Hou.
  
 Plek Waar Die Son Vir Die Maan n Liedjie Sing