Vir Ingrid
  
 

in n helter skelter oomblik
het die roesbruin son
sy blare verloor
en …dit het deur jou
vingerpunte geglip

ver…ver van hier
struikel n ster oor
jou woorde
elke aand skyn die ster
op dieselfde plek

totdat die winter wind
se koue son
jou naam skryf
met elke korreltjie sand

sal jou oe
in die middel van my
plakboek le

© Dirk Kruger

  
  
 Ek Nooi Jou Uit Om Aan Te Sluit By My Blad As Jy Van Gedigte Hou.
  
 Plek Waar Die Son Vir Die Maan n Liedjie Sing