Vis En Chips
  
 

sing vir my n liedjie
of n ou harde stukkie brood
……..sal ook doen

en as ek sterf
draai my toe …in gisteraand se vis en chips papier
en los my iewers in n sloot
onder n wilger wat treur
of net n boom

want ek is maar net n boemelaar
sonder n droom

en as jy n rooioog wang sou soek
kyk vir jouself in die spieel

niks gevind….so gedink

my naam ken jy nie eers
hoe kan jy daar staan
met n gesig so vroom

© Dirk Kruger

  
  
 Ek Nooi Jou Uit Om Aan Te Sluit By My Blad As Jy Van Gedigte Hou.
  
 Plek Waar Die Son Vir Die Maan n Liedjie Sing