Vlietende Oomblik
  
 

ek sal wag vir n oomblik
n vlietende oomblik
wanneer n ster verdrink
in sy ink
en n roos opstaan uit haar
stowwerige as

en…terwyl n jakkals
n wolhaar storie verkoop
aan die maan

sal ek jou storie skryf
en binne n boks sjokolade
raam

© Dirk Kruger

  
  
 Ek Nooi Jou Uit Om Aan Te Sluit By My Blad As Jy Van Gedigte Hou.
  
 Plek Waar Die Son Vir Die Maan n Liedjie Sing