Waar Ek Bly
  
 

selfs die stof wat aan my kleef ruik bekend
die vaal boomtoppe nie prettig
sal ek erken
maar op geen ander plek
le my sweet
soos my voetspore hier le
moet jy weet

karre se reuk ruik anders
swart teerpaaie laat my huistoe wandel
hier het baie van my drome al gekantel

baie ver van die see
en waar ek in die bosveld
vir my n paadjie wil vee

le my huis in Gauteng
reg langs n 757 se skree
as die aand begin

© Dirk Kruger

  
  
 Ek Nooi Jou Uit Om Aan Te Sluit By My Blad As Jy Van Gedigte Hou.
  
 Plek Waar Die Son Vir Die Maan n Liedjie Sing