Was
  
 

is dit nie snaaks
hoe ons terugkyk
en giggel
oor iets wat was

maar as ons nooit
n oomblik van was…. gehad het

sou daar nooit n oomblik
van hier …gewees het

soos hierdie oomblik
van my hare
in die tagtigs

lank gelede

so skryf ons
…ons lesse teen die muur

NS
ek het intussen n beter haarkapper gevind

© Dirk Kruger

  
  
 Ek Nooi Jou Uit Om Aan Te Sluit By My Blad As Jy Van Gedigte Hou.
  
 Plek Waar Die Son Vir Die Maan n Liedjie Sing