Willem Die Wilde Man
  
 

daar is n klop aan die deur
en n spook staan daar met n lang wit baard
die spook se willem die wilde man
ons spoke se gunsteling plek
die plek waar ons die graagste spook
is daar iets wat nie strook
dit klink of daar geluide kom van die hel
en jy weet dis n nommer wat n spook nie graag bel
jy is die coolste spook fluisteraar wat daar is
asseblief help hierdie spook kom tot sy rus

en willem slaan sy collar op oor sy nek
n image is n image al lyk hy soos n gek
met sy harley stop hy voor die huis
en n verskriklikke vrees speel rond in sy vuis

hy staan vir n oomblik en staar
want Willem die wilde man was nog nooit
in sy lewe naar
wat is dit wat hierdie geluide maak
is hy opgewasse vir hierdie huis se vloere wat kraak

met geweld storm hy die deur
en n vreemde verskynsel val voor hom neer

….nie n spook …..maar sy …….SKOONMA in evas gewaad
sy ry op n perd wat lyk soos n man
met n sweep wat klap en n masker aan
en donderende musiek uit die hel
ry willem die wilde man…se skoonma
op die rug van sy PEL

waar is willem die wilde man vandag
spoorloos het hy verdwyn ……. daardie nag

net die mense wat hierdie gedig lees
ken die ware verhaal
maar jy sal dit nooit …..oorvertel …..sal jy
want iewers le Willem die wilde man
se Skoonma en wag

© Dirk Kruger

  
  
 Ek Nooi Jou Uit Om Aan Te Sluit By My Blad As Jy Van Gedigte Hou.
  
 Plek Waar Die Son Vir Die Maan n Liedjie Sing