Windgat
  
 

geagte
meneer , mevrou
hierdie is n nederige versoek
want om jou na te doen sit
nie in ons broek

jou magiese persoonlikheid
is soos n swartgat wat alles
intrek maar nooit uitsmyt

vra jou tog
los iets oor vir ons
selfs my voetspoor
op die maan het jy opgerol
versmoor

woorde het ek nie om jou te beskryf
want woorde vir jou bedoel
kom terug en byt my aan my kuit

maar weet jy….snaaks genoeg
iets omtrent jou lyk bekend

moet erken….ek was toe maar net vyf

© Dirk Kruger

  
  
 Ek Nooi Jou Uit Om Aan Te Sluit By My Blad As Jy Van Gedigte Hou.
  
 Plek Waar Die Son Vir Die Maan n Liedjie Sing