Janine Botha Dis Nog Net Jy
 

vloeiend deur my gedagtes
soen vingers die sleutels
van sagte en strelende note
intense suiwer klanke
word epiese melodieë
'n artistieke weergawe
in passievolle crescendo's
en nostalgiese golwe
wat oorspoel in vreugde
dans ék en jý

© Janine Botha

 
Sluit Aan By Ons Groep - Solovlug