Lizette Snyman Kraakvars Sondagkoerant
 

jou liefde het kom girts-garts
soos n' kraakvars sondagkoerant
en die geur van varsgebroude koffie
in n' baie cozy restaurant

al drink jy nie koffie of tee
en al verkies ek soms wyn
jou blou oë verdrink my bruines
in oomblikke van samesyn

jy wys my foto’s van jou kinders
ek lees al my gedigte vir jou
maar dis die gypsy in my oë
wat om jou siel bly klou

ek wens net maar só
ek kon genoeg dankie sê
vir die demigod wat jy
hier in my hart kom lê

© Lizette Snyman

 
Sluit Aan By Ons Groep - Solovlug