Marina Marais Enkeling
 

As skemer sy vingers
om die laaste lig toeslaan,
vra ek dat jy my (vir ‘n wyle)
in die Bo-Karoo sal laat,
sodat ek saam met sonoorblyfsels
my drome teen sy fynbosrand kan skets

los my waar die aandwind my verbeelding
sterre se kant toe waai; my hartspunt
aan die maan se sekel hang

laat my tussen die heide van my gisters vry,
sodat ek die refrein van verspeelde lentes
weer op kan tel

want vannag moet ek my lanferlap (sonder jou)
om my binnetrane draai -
my beker (as enkeling) tot die droesem ledig.

© Marina Marais

 
Sluit Aan By Ons Groep - Solovlug