Pieter Leon Botes Briefie in ‘n bottel
 

ek het ‘n bottel met ‘n brief opgetel
nie in ou glas maar moderne plastiek
op die oewer van die vaalrivier
onder modder en klip versteek
tussen riete waar min mense loop

ek het die brief uitgehaal
gelees tussen trane deur
die diep verlange van ‘n ander
tussen traangevlekte ink geskryf
woorde wat sy nooit sou sien

Tiffany jy is nie meer hier
jy is deur die hoër krag geroep
jou mis ek elke dag sonder end
my liefste vennoot jou plek staan leeg
in die kamer van my hart

Koor
in die bottelbrief het ek jou gesien
my alpha vrou my bekoor
die omega van my elke dag
waar ek my vrede vind
in die omhels van jou lyf

my oggendson jy verwarm nie meer my lyf
ek is koud gelaat in die winter van my lewe
met maan en sterre wat stowwerig skyn
op ons bed deur die kamer venster
op die plek waar jy moet wees

Koor
in die bottelbrief het ek jou gesien
my alpha vrou wat my bekoor
die omega van my elke dag
waar ek my vrede vind
in die omhels van jou lyf

ek sal geduldig wag vir lente graf
waar ons saam wolkehuis sal bou
saam as man en vrou
in tyd wat oneindig is
en ons saam snags kan rus

Koor
in die bottelbrief het ek jou gesien
my alpha vrou my bekoor
die omega van my elke dag
waar ek my vrede vind
in die omhels van jou lyf

© Leon

 
Sluit Aan By Ons Groep - Solovlug