Ragiela Cloete Valentine

My Valentine nou meer as 40 jaar,
bly ons deur dik en dun nog bymekaar,
liefhê en koester jaar na jaar,
vir mekaar altyd daar.

My aantreklike Valentine nog steeds,
ons altwee al beplooi,
ronderig met pap spiere reeds;
noem jy my nog mooi

Nie verwelk soos ‘n valentinerooi roos,
ons saamwees is vir altyd mooi,
klaar grootgemaak aan ons kroos,
vir mekaar steeds Cupido se prooi!

Ons liefde bly na jare groot,
nodig soos ons daagliks brood.

© Ragiela Cloete

 
Sluit Aan By Ons Groep - Solovlug