Ronel Joubert Dis die wind
 

Heen en weer, heen en weer
waai die oggendwind
elke boom se haardos deurmekaar
niks word onaangeraak
nie eers een enkele blaar,
die jong klein boompies
staan en wieg soos iemand
wat sterk onder die invloed is
en hoop maar hul stammetjies
is sterker as wat die winde is

Maar ver in die verte
kom die wit massas aan,
die wind het hul nader geblaas
en net n paar oomblikke later
gaan n waterversadigde atmosfeer
vir almal benede hom
kom wys wie is baas

© Ronel Joubert

 
Sluit Aan By Ons Groep - Solovlug