Stemmlar Schulze Eie-Beker
 

ek drink vanaand vele woorde in
van waagmoed tot deernis
wat mense se lewens daagliks vernis
ons staan verenig in solidariteit
as taalmeesters wat woorde lees en skryf

tog luister ons nie veel
wat ander ons meedeel
egosentries leef ons voort
selfs waar woorde met ons harte smeek

as aandklok dan vir nagmaal lui
ons boekevat en knieë buig
sing ons vir onsself
sóms dalk ook die heer
maar meestal
vul ons net eie-beker met hoop

as swaarkry by ons deur kom klop
selfs in spaarkamer kom bed opmaak
is ons skaam en trots
wat sal die ander mense sê?
gaan hul ons help of dalk ook net vergeet?

© Stemmies

 
Sluit Aan By Ons Groep - Solovlug