|
die donker kom van buite en
syfer deur die ruite en ek gooi nog 'n paar kole op die vuur en die tafel
en die laaikas en alles wat eers was versmelt tot blote skadu's teen die
muur ons drome van
gister word somber en sinister want kyk alles het 'n vasgestelde uur
ons beplan toringblokke maar die slopers is betrokke en ons drome is bloot
skadu's teen die muur met
orrelbegeleiding kom die voorspel tot die skeiding maar dis alles reg,
die liefde is 'n vuur en van die vorige hofmaak hoor ons later in die
hofsaak want die liefde is 'n skadu teen die muur in
swart of wit getooi in 'n stoet of in konvooi wonder elkeen hoelank alles
nog sal duur en leef holderstebolder want die kis wag op die solder
en die lewe is 'n skadu teen die muur die
donker kom van buite en syfer deur die ruite en ek gooi nog 'n paar kole
op die vuur en my voete en my hande word ou bekende lande in skadukaarte
teen die muur die wereld word 'n skadu teen die muur 'n flikkerende skadu
teen die muur |