| Ek
ken 'n ou, ou liedjie. Van lewenswel en wee. Van lankvergane skepe in.
Die kelders van die see. Die
woorde is vergete. En tog, die deuntjie draal. Soos vaagbekende grepies
in. 'n Baie ou verhaal. Van
swerwers, sonder rigting. Van soekers, wat nooit vind. En eindelik, was
almal maar. Net kinders, van die wind. Gesigte,
drome, name. Is deur die wind, verwaai. En waarheen daardie woorde is.
Sou net 'n kind kon raai. Swerwers,
sonder rigting. Soekers, wat nooit vind. En eindelik, was almal maar.
Net kinders, van die wind. En eindelik, was almal maar. Net kinders, van
die wind. En eindelik, was almal maar. Net kinders, van die wind. Net
kinders, van die wind. |