die
mier drink n bier
en
skielik dink hy hy is n tier
die
uil sit op n kluit
sing n deuntjie
en dink hy is n fluit
die
leeu loop in die park
en se ek wonder hoeveel
van ons was op die ark
die
jakkals loop en wonder
hoekom dink mense
ek wil hulle altyd bedonner
die
mossie sit op n tak
ek wens sy kan n koek bak
die
tier drink n bier
en donner die mier
se vir hom gaan sit daar teen die muur
voordat ek jou lewe verder ontsuur
die
swaeltjie draai in die lug
en le op sy rug
en dink dis die lewe
hoeveel mense sal van opgewondenheid bewe
as hul soos ek kan swewe
so
is elkeen van ons
besig met ons eie pond van wysheid
maar wie sal luister
miskien moet ons maar fluister
©
Dirk Kruger |