|
sy
krul op in die geur
wat dartel en dwarrel
by haar agterdeur
en as die wind
saggies om haar le
se sy my naam is Gertruida
kom in en ek maak vir jou n koppie tee
kleure
ontplof in wit en rooi
wanneer sy haar hand vol reen druppels
oor haar huisie strooi
MAAR
O WEE!!!!!
sy
het die dwergie verban
want sy het nie tyd vir n norse man
……kom eers terug
as ek jou lag op die punt
van die wind kan vind
…..en
nou oefen die dwergie
om te lag
wat n dag, as hy dit kan regkry
want
hy mis haar groen huisie
met die rooi en wit dak
en
konfyt op die rak
©
Dirk Kruger |