|
vanaand
skryf ek n rympie
vir duimpie
en duimpie se maat
…maar
iets trek my aandag af
soos n hond wat blaf
en
daar ver in die verte sien ek n berg
wat stadig smelt, en ek dink , dis baie werd
want dis gemaak van roomys en tert
terwyl
ek my verkyk
kom daar n kaal vrou verby
sy weeg haar op n skaal
wat staan bo-op n paal
sy se hoe dunner die lug
hoe minder die gewig
langs
my le n kaal vrou met n maag so groot
soos n boot
die berg van roomys en tert het verdwyn
gekwyn…ek skrik wakker net n kopseer van al die
wyn
ek
het gedroom, rerig
ek moet minder vleis begin eet
©
Dirk Kruger |