|
ver
oor n kronkelpad
waar die wind stof laat neurie en spat
loop n spoor
waar die son onder n eensame ster bad
sensuele
drome
droom sy
onder takhaar bome
niks is teen haar wil bestand
n
sonneblom se geel
kruip weg in die maan
n verlepte blaar dwarrel en skarrel
totdat dit soos n kartelende gimnas ritme verloor
en
gaan le…in die middel van Maandag se hand
©
Dirk Kruger |