|
die
maan is nog net n welpie
arende teken picasso prentjies
in die lug
en ver van die maan
is die son besig om te vlug
n feetjie maak reg om te gaan slaap
en sug
n
roos maak haar blare toe
en wag vir n doudruppel om haar te kus
dis
nag
ver….ver
van hier hoor ek stadsgeluide
in stilte wat niemand kan blus
©
Dirk Kruger |