|
as
die maan haar stem verloor
en die son te vet raak vir sy oop geknoopte hemp
as die sterre hul dans verkoop
en n storm Mars van sy ego stroop
dink
ek
het n dronk mens hierdie gedig geskryf
….of miskien moet ek weer na snaaks uitwyk
probleem
is
wat snaaks is vir my
is miskien nie snaaks vir jou
dis
hoe dit is
lag
jy
weet nie
as dit belangrik is
sal jy my vertel
©
Dirk Kruger |