| |
Elk
langs sy yl weerkaatsing in die ruit,
sit hulle suf, met monde moeg gesluit,
die werkers van die stad wat huis toe gaan.
Skaduwee-skimme
gly verby...Dis laat,
en lang ligvaandels wapper oor die straat
soos oor 'n dam die blinkpad na die maan.
Ons
ploeg deur stormsee met ons kaperskuit:
die stuurman voor, die passasiers die buit
wat ons as slawe huis toe bring vanaand...
Die
vaartuig waggel afdraand, om die draai
met skril gekners en skommelende swaai,
en hyg en skok en snork en swoeg opdraand,
terwyl
ons, soos twee kinders opgetoë,
mekaar toelag met glinsterende oë...
Asof hul jammerlik hul lot kan raai,
sit
hulle suf, met monde moeg gesluit,
elk langs sy yl weerkaatsing in die ruit,
die werkers van die stad wat huis toe gaan. |