|
|
|
|
| |
Eugene
Marais |
| |
Wanneer
Dit Reën
Op Rietfontein |
| |
|
| |
Wanneer
dit reën op Rietfontein
en deur die stof 'n straal van groen verskyn...
dan sit oom Gysbert op die stoep alleen
Hy adem sag die geur
gemeng van stof en reën...
Van agter uit die groot kombuis
Kom daar aanhoudend die gesuis
Van kole op die vuurherd aangeblaas
Van pot en pan die klinkende geraas -
Dis net so seker as die boek,
Tant Malie bak nou pannekoek! |
| |
|
| |
|
|
|
|