Vier
mure teen die Suidewind-
my swartoogvrou, my blondhaarkind. Kareehoutstompe
in die vuur,
ketel en kaggel brons geskruur.
My
bont koei lê op koringstrooi,
my swart haan roep die dagbreek rooi.
Soet
deur die lang nag sing die reën;
moflammers sal ek vroeg-Mei speen.
Die
wendam stoot sy uitloop oor-
blink breek my ploeg die middelvoor. |