| |
Daar
ruis soms stemme in die nag,
wat fluister, eers gesmoor en bang,
maar luider straks, skoon altyd sag:
"Hoe lang?" Hoe
lang moet ons nog swerf en stry,
en stil-swaar worstel met die dwang,
en hoon en smaad en skimptaal ly;
"Hoe lang?"
Hoe
lang verdra ons nog en wag,
en tel die trane op ons wang,
en duld en ly en treur en sang;
"Hoe lang?"
As
volk, hoe lang sal ons nog kyf
eer ons deurgrond die dure drang
tot vry-wees wat ons almal dryf,
"Hoe lang?"
Van
waar die lafaards wat daar meen
en ongestraf, met hom gebaar,
durf sê dat alles ydel was voorheen?
"Van waar?"
Van
waar die arme siele kom
wat in g'n eie toekoms staar,
maar ons wil oplos in 'n vreemde drom;
"Van waar?"
Hoe
lang sal ons nog spook en doen
en dwarstrek algar blind en bang,
en koers soek op die helderde noen:
"Hoe lang?"
En
luid en luider styg die klag,
tot wanhoopstem en wanhoopsdwang
herhaal met onweerstaanb're krag:
"Hoe lang?" |